Franse lemoen-crêpes

akkreditasie
FOTO: Donna Lewis
FOTO: Donna Lewis
Wie sal ooit crêpes Suzette uit die jare tagtig vergeet? Die kelner wat met die trollie na jou tafel kom en die crêpes netjies vou en flambé met brandewyn.

genoeg vir 8

• 200 g (250 ml) suiker

• 420 g (750 ml) koekmeel

• 2 ml sout

• 5 ml neutmuskaat

• 1 liter melk

• 6 eiers

• 20 ml sonneblomolie

• 10 ml vanieljegeursel

• sonneblomolie vir braai

SOUS

• 115 g (145 ml) suiker

• 100 g (110 ml) botter

• 200 ml suiwer lemoensap (2-3 lemoene)

• skil van 2 lemoene, in repies gesny

• 100 ml brandewyn

Sif droë bestanddele vir beslag saam in ’n mengbak. Klits melk, eiers, olie en vanieljegeursel saam. Voeg by droë bestanddele en meng tot gladde beslag. Gooi mengsel deur ’n sif om klontjies te verwyder. Verhit kleefvrye pan van 25 cm in deursnee tot warm. Doop kombuispapier in olie en vee vinnig oor bodem van warm pan. Gooi ’n bietjie beslag in pan en beweeg stadig in die rondte tot hele bodem bedek is – probeer pannekoek so dun moontlik maak. Braai ’n paar sekondes en keer pannekoek om. Braai nog ’n paar sekondes tot gaar. Keer pannekoek uit op bord en hou eenkant. Herhaal tot die beslag opgebruik is. Vou pannekoeke in driehoeke: eers in die helfte en dan weer in die helfte. SOUS Smelt suiker en botter saam in groot braaipan (jy moet al die driehoekcrêpes in dieselfde pan kan pak). Voeg lemoensap en -skil by. Bring tot kookpunt en kook vir 2 minute. Pak pannekoek in sous, gooi brandewyn oor en wag 10 sekondes. Hou oop vlam so 10 cm bo die pan en steek aan die brand. Skud pan liggies heen en weer tot al die vlamme dood is. Sit voor.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees