9 snye brood

  • 250 ml melk
  • 15 ml heuning
  • 3 eiers
  • 2 ml fyn kaneel
  • 2 ml vanieljegeursel
  • sowat 50 ml botter

Verhit die melk effens in ’n kastrol. Voeg die heuning by en roer tot dit goed gemeng is. Laat afkoel en voeg dan die eiers en kaneel by. Klits die mengsel goed. Gooi die mengsel in ’n plat bak wat genoeg is om die snye brood in te doop. Smelt ’n bietjie botter in ’n pan en doop so twee snye brood op ’n slag in die eiermengsel. Braai die brood 2 tot 3 minute aan weerskante. Hou dit warm terwyl jy die res van die brood braai. Smelt elke keer ’n bietjie botter voor jy die volgende sny brood braai. Sit voor saam met lemmetjies of vars suurlemoen. Gooi nog heuning oor en sit voor saam met vars appelliefies.