(4 porsies)

  • 8 Engelse muffins
  • 4 eiers
  • 4 eetlepels melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 eetlepels botter
  • 250 g repiespek
  • heuning om voor te sit

Die Engelse muffins wat jy koop, is klaar in die helfte gesny. Verdeel die muffins. Klits die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. Smelt die botter in ’n pan. Doop die muffins een vir een in die eiermengsel en plaas in die pan. Braai die muffins weerskante tot mooi bruin. Hou warm in jou lou oond terwyl jy die res braai. Rooster intussen die spek op ’n bakplaat onder die oond se rooster-element tot lekker bros. Op dié manier behou die spek sy vorm. Wanneer alles klaar is, stapel ’n paar muffins opmekaar. Sit die spek bo-op en gooi heuning oor.