(5 frikkadelle)

  • 500 g gemaalde varkvleis
  • 40 ml mielieblom
  • 40 ml sojasous
  • 4 sprietuie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 hardgekookte eiers
  • sowat 30 ml olyfolie

Verhit jou oond tot 180 ºC. Meng die maalvleis, mielieblom, sojasous en sprietuie goed. Geur met sout en swartpeper. Bedek elke eier met maalvleis-mengsel. Plaas die frikkadelle vir sowat 30 minute in die yskas. Gooi die olyfolie in ’n oondbak en plaas die frikkadelle daarin. Rooster vir 30 – 35 minute in die oond. Haal uit en laat afkoel voor jy dit inpak.