• 500 g maer beesmaalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 2 snye brood, fyngekrummel
  • 2 x 410 g-blikke tamatiepuree
  • 200 g vars mozzarellakaas 
  • slaai van jou keuse vir voorsit
  • olyfolie, sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Meng maalvleis, ui, knoffel en broodkrummels. Geur goed met sout en peper. Vorm in frikkadelle die grootte van jou keuse. Pak in oondroosterpan. Sprinkel bietjie olyfolie oor. Gooi tamatiepuree oor frikkadelle en pak skywe mozzarella bo-op. Bak vir sowat 25-30 minute of tot frikkadelle gaar is. Sit voor met vars slaai van jou keuse.