• 200 g bevrore garnale
  • 1 selderystingel, in skyfies gesny
  • 5 sprietuie, fyngekap
  • 30 ml crème fraîche
  • 15 g vars basiliekruidblare, gekap
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 2 hande vol vars bronkors (watercress)

Kook water in ’n kastrol. Dompel die bevrore garnale in die kookwater en kook vir sowat 2 minute tot gaar. Dreineer dadelik en laat koud word. Meng die seldery, sprietuie, crème fraîche en basiliekruid saam. Voeg die afgekoelde garnale by en meng goed. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas vars bronkors in elke bakkie en skep die garnale bo-op.