(12 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 24 steurgarnale, skoongemaak (kyk by jou naaste supermark vir die soort wat reeds skoongemaak is)
  • sap en skil van 1 lemmetjie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml mayonnaise van goeie gehalte
  • hand vol vars dille, gekap
  • 1 kop langblaarslaai (cos lettuce)
  • 4 suurlemoene, in wiggies gesny

Verhit olyfolie in 'n braaipan. Voeg garnale by en braai tot goudbruin. Voeg lemmetjiesap en -skil by en braai vir nog 'n minuut. Geur goed met sout en swartpeper. Meng mayonnaise en dille. Verdeel slaaiblare tussen 12 horinkies (sien wenk onder). Plaas 2 garnale in elke horinkie gevolg deur 'n skyfie suurlemoen. Skep mayonnaise op elkeen en sit voor.

Wenk: Maak papier-horinkies deur vierkante karton van 15 cm x 15 cm op te rol sodat dit 'n horinkie vorm en kram vas.