Jy benodig

  • 6 groot aartappels
  • 1 heel knoffelbol
  • 4 mielies, gehalveer
  • 4 uie, in kwarte gesny
  • hand vol vars tiemietakkies
  • growwe sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 150 ml olyfolie

Verhit jou oond tot 180 °C. Sny klein kepies in elke aartappel - nét deur die vel. Plaas al die bestanddele in ’n groot oondroosterbak. Geur met sout en swartpeper, gooi die olyfolie oor en maak die bak toe met tinfoelie. (Die mielies moet eers ’n bietjie stoom.) Plaas die bak in die oond. Haal die tinfoelie ná 30 minute af. Draai die groente om en rooster verder - dit sal nog so 30 minute neem.