Gebruik een appel per persoon.

  • rooi of groen appels
  • 5 ml laevetmargarien per appel
  • 5 ml suiker per appel

Ontklok die appels - dit is nou ’n mooi woord om die stronk in die middel van die appel te verwyder. Plaas die appels in ’n oondbak en sit ’n teelepel laevet-margarien bo-op elke appel. Sprinkel die suiker oor en plaas in ’n voorafverhitte oond teen 180 °C vir sowat 30-40 minute. Sit warm voor.