(6 PORSIES)

  • 1 groot (sowat 600 g) botterskorsie
  • 60 ml olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 70 g pancetta-repies, grofgekap
  • 250 ml room
  • 500 g tagliatelle-pasta
  • 2 x 80 g crottinbokmelkkaas, gehalveer
  • 1 hand vol basilie, grofgekap

Verhit oond tot 220 ºC. Sny botterskorsie met skerp mes middeldeur. Krap pitte uit met eetlepel en sny dan in 8 kwarte. Plaas op bakplaat. Sprinkel olyfolie en knoffel oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in warm oond en rooster vir 25 – 30 minute of tot sag en gaar. Verhit botter in medium-groot pan en voeg gekapte ui by. Braai vir 3 – 5 minute of tot goudbruin. Voeg pancetta by en braai nog 3 minute. Gooi room by en verlaag hitte. Laat stadig prut tot dik roomsous vorm, sowat 5 – 8 minute. Geur goed met sout en peper. Maak pasta gaar volgens instruksies op pak. Dreineer en voeg by warm roomsous. Plaas kaas op bakplaat en bak vir 5 minute of tot kaas gesmelt is. Plaas pasta in opdienbord, sit gaar botterskorsie en gebakte kaas bo-op. Sit voor met vars basilie.

Volg SARIE op Twitter en Facebook