(4 porsies)

  • 1 camembertkaas
  • 2 repies spek
  • 2 knoffelhuisies
  • olyfolie
  • 2 takkies vars tiemie

Draai die rand van die camembertkaas toe met die spek. Steek die spek vas met tandestokkies. Plaas die kaas in ’n oondbak en maak twee snye in die kaas. Druk die knoffelhuisies daarin. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor en plaas die vars tiemietakkies bo-op. Sit dit in ’n warm oond teen 180 °C vir sowat 15 - 20 minute. Die kaas sal bo oopbars en baie loperig wees. As die bokmelkcamembert vir jou te ryk is, vervang met koeimelk-camembert.