Die klassieke Engelse ontbyt word altyd met een of twee gebakte eiers voorgesit.

  • 15 g (15 ml) botter
  • 1 eier
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Stap 1. Smelt botter in ’n pan. Die stoofplaat moet op matige hitte wees.

Stap 1.

Stap 2. Kraak die eierdop versigtig teen die pan se rand en breek die eier oop oor die pan.

Stap 2.

Stap 3. Wanneer die eierwit begin stol, skep van die gesmelte botter veral oor die geel.

Stap 3.

Stap 4. Maak pan toe met ’n deksel. Só word die eierwit gaar, maar die geel is nog sag. Geur met sout en peper. Lig eier versigtig uit met eierspaan en sit voor saam met gebraaide spek en tamaties.

Stap 4.