(4 porsies)

  • 500 g ricotta-kaas
  • 3 eiers
  • 2 brandrissies, gekap
  • 250 g spek, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 45 ml olyfolie
  • 200 g aspersies, gedompel in kookwater
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8 snye roosterbrood

Verhit oond tot 180 °C. Meng ricotta, eiers, rissies, spek en knoffel. Geur goed met sout en swartpeper. Skep in 'n oondvaste bak met 'n volume van 650 ml. Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en gestol. Verhit olyfolie tot warm in 'n braaipan en voeg aspersies by. Braai vinnig vir 2 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Keer ricotta uit en sit voor met roosterbrood
en aspersies.