(6 porsies)

  • 250 ml melk
  • 100 g suiker
  • 2 eiers, geskei
  • 40 g meel
  • knippie sout
  • 25 ml botter, gesmelt
  • 15 ml gerasperde lemoenskil
  • 250 ml lemoensap
  • 15 ml suurlemoensap

Verhit oond tot 180 °C. Klits melk, suiker, eiergele, meel, sout, botter en gerasperde skil saam tot glad. Meng lemoensap en suurlemoensap en voeg by mengsel. Klits eierwitte styf en vou in die mengsel. Skep mengsel in gesmeerde koppies of ramekins. Plaas dit in ’n oondbak en vul bak met kookwater tot halfpad teen die koppies. Plaas in warm oond vir 30 minute. Sit dadelik voor.