(2 porsies)

  • 60g (110ml) koekmeel
  • 30g (75ml) kakao
  • 5ml bakpoeier
  • 75g (90ml) strooisuiker
  • 5ml vanielje-geursel
  • 3 eiers
  • 20g (20ml) botter, gesmelt
  • 100g 70%-donker-sjokolade, grofgekap
  • 100g frambose (bevrore of vars)
  • 30ml pistasieneute, gekap
  • 1 houer (250g) crème fraîche

Verhit oond tot 180ºC. Sif meel, kakao, bakpoeier en strooisuiker saam in 'n groot bak. Voeg vanielje, eiers en botter by. Klop goed met 'n draadklitser tot glad. Verdeel die mengsel tussen twee oondvaste porseleinbakkies. Sprinkel sjokolade en frambose oor. Bak vir 15 minute, of totdat die buiterand gestol maar die middel nog sag is. Sprinkel pistasieneute oor. Sit voor met
lepels vol crème fraîche en ekstra bessies. Maak die poeding weer louwarm net voordat jy dit voorsit. En as dit 'n mooi aand is, wat van nagereg op 'n skinkbord buite onder die sterre?