(4-5 porsies)

  • 450 g ricottakaas
  • 250 g laevetroomkaas
  • 150 ml suiker
  • 30 ml kakao
  • 1 eier
  • 1 eierwit
  • sit voor met laevet- ingedampte melk

Spuit poedingbakkies met Spray & Cook. Voorverhit jou oond tot 180 °C. Meng die ricottakaas, roomkaas, suiker en kakao goed saam in ’n elektriese menger. Voeg die hele eier by en meng goed. Klits die 1 eierwit tot sagtepuntstadium in ’n ander bak en vou in die ricottamengsel. Verdeel tussen die bakkies en bak vir 25-30 minute. Sit voor saam met geklopte laevetingedampte melk.