1. 2 x 450 g gevriesde vye, ontdooi
  2. 200 g geblansjeerde amandels
  3. sap van 2 suurlemoene
  4. 4 eetlepels sagte bruinsuiker
  5. 250 g crème fraîche
  • Voorverhit jou oond tot 180 °C.
  • Plaas vye en amandels in ’n oondbak en gooi die suurlemoen en suiker oor.
  • Bak vir 20 minute en gooi nou en dan van die sous oor.
  • Rooster die vye vir 4 minute onder die roosterelement tot lekker bruin.
  • Sit voor met crème fraîche of geklopte room.