4 porsies, as julle deel

  • 3 eiers
  • 200 ml melk
  • 20 ml strooisuiker
  • knippie sout
  • 4 snye brood (ek het Portugese brood gebruik)
  • sowat 40 ml botter, om die brood in te braai
  • 30 ml sjokoladesmeer

Klits eiers, melk, strooisuiker en sout saam in ’n vlak bak. Week twee snye brood in die mengsel. Smelt botter in ’n pan wat groot genoeg is sodat twee snye brood daarin kan pas. Plaas die twee snye in die pan. Skep twee eetlepels sjokoladesmeer bo-op elke sny. Week nog twee snye brood. Plaas dié twee snye bo-op die sjokoladebrood in die pan. Druk effens plat met ’n eierspaan om die broodjies te verseël. Braai vir sowat 3 minute en draai versigtig om. Braai vir nog 3 minute aan die ander kant. Sit warm voor.

Om te drink
Saam met al die soet is ’n lekker espresso net die ding.