(6 porsies)

  • 12 groot wit uie, geskil
  • 100 ml sonneblomolie
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Sny die uie in die helfte en elke helfte dan in skywe. Verhit die olie (nie te warm nie) in 'n groot pan. Roer die uie deur en braai oor 'n matige hitte. Dit kan 'n tydjie neem - maar tyd hét jy, want die worsies bly mos lank in die oond. Sodra die uie begin krimp, sal hulle ook begin bruin word. Braai tot mooi bruin, maar oppas vir verbrand. Hierdie hoeveelheid sal so 30 minute neem. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.