• 500 ml witrys

• 3 ml borrie

• 125 ml rosyntjies

• 2 ml sout

Plaas al die bestanddele in ’n kastrol. Gooi water oor – dit moet so 1 cm hoër as die rys lê. Roer goed sodat die borrie lekker met die water meng. Bring tot kookpunt en prut stadig tot die rys gaar is. As daar nog water in die kastrol is, dreineer die rys deur ’n sif. Plaas die sif oor ’n kastrol met ’n klein bietjie kookwater en laat die rys vir so 5 minute stoom.