(6 porsies)

• 6 witloof-koppe
• 15 ml botter
• 5 ml bruinsuiker
• sap van halwe suurlemoen
• 100 ml hoenderaftreksel
• 30 ml heuning
• 30 ml room

Verwyder van die buiteblare wat gekneus is. Smelt die botter in ’n pan. Braai die witloof vir so 5 minute weerskante. Wees versigtig wanneer jy dit omdraai, aangesien die blare kan
afbreek. Voeg nou die bruinsuiker, suurlemoensap en hoenderaftreksel by. Maak die pan toe met ’n deksel en laat stadig kook vir 30 minute. Draai die witloof ná 15 minute om. Haal die deksel af en voeg die heuning by. Laat nou oop kook vir nog so 30 minute. Draai nou en dan om. Die stroop moet dik kook. Voeg die room by wanneer die witloof mooi bruin en gekaramelliseer is. Kook so 2 minute. Sit warm voor.