• 3 crottinkase (80 g elk), in blokke gesny
  • 150 ml olyfolie
  • 25 ml witwynasyn
  • 8 heel peperkorrels
  • 2 knoffelhuisies, in skywe gesny
  • 3 vars tiemietakke

Plaas die kaasblokke in ’n bak en voeg die res van die bestanddele by. Laat marineer vir 4 uur in die yskas en sit voor.  Jy kan die crottinkaas vervang met camembertkaas.