• 1 pak bevrore vye of 12 vars vye
  • 400 g sagte mozzarellakaas
  • 3 takkies tiemie, gekap
  • 2 hande vol vars basiliekruid, grof gebreek 
  • sap van 1 suurlemoen
  • 80 ml olyfolie
  • 30 ml balsemasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper

As jy bevrore vye gebruik, laat dit eers heeltemal ontdooi. As jy gelukkig is om vars vye te kry, sny die vye in kwarte. Sit die vye in ’n bak en gooi die tiemie, suurlemoensap, balsemasyn en olyfolie oor. Laat die vye ’n uur lank marineer. Breek die mozzarellakaas in stukke en rangskik saam met die vye en basiliekruid op ’n bord. Geur met sout en peper.

Om te drink
Hoe lekker is hierdie gereg nie, want dis so veelsydig vir wyngenot. 'n Gehoute chardonnay (Jordan, Graham Beck) is net so gepas by die vye as 'n sagte shiraz - probeer die Durbanville Hills.