Hoe maak jy 'n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Gepekelde haring met crè
me fraiche en beet bruschetta
Nog ’n maklike en vinnige happie. Gebruik ’n halwe gepekelde haringfilet per bruschetta. Sny dit in blokkies. Meng dit met ’n eetlepel crème fraiche en sowat 5 ml olyfolie. Gaar beet is nou ook beskikbaar - sny een in skywe. Plaas die beet en die haring op die brood saam met vars rokket. Maal swartpeper bo-oor.