4 porsies

  • 200 g vars aspersies
  • 500 ml water
  • 45 ml witasyn
  • 8 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Stoom of dompel aspersies in kookwater tot effens bros. Gooi water en asyn in ’n kastrol. Wanneer dit begin borrel, roer die water sodat dit sterk in een rigting beweeg. Posjeer nou so twee eiers op ’n slag: Breek elke eier in ’n glas en laat die eier versigtig uit die glas glip, in die middel van die bewegende water. Maak toe met ’n deksel en laat prut vir 3 minute. Haal versigtig uit met ’n gaatjieslepel en plaas bo-op die aspersies. Geur met sout en swartpeper.