(6 porsies)

  • 100 g gerookte forel, fyngevlok
  • 250 g roomkaas
  • 45 ml geroomde peperwortel (horseradish cream)
  • 20 ml vinkel, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele en geur goed met sout en swartpeper.

Skep in opdienbakkies en sit voor met brood van jou keuse.