Hoe maak jy 'n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.

Gerookte hoender en artisjokke bruschetta
Gerookte hoender is nou oral beskikbaar. Gebruik ’n ½ hoenderborsie per broodjie en sny dit in skywe. Plaas gebottelde artisjokke (1 per persoon in 4 gesny) en pimento-groen olywe. Garneer met grasuie en swartpeper.