Hoe maak jy 'n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Gerookte oester en geroosterde tamatie bruschetta

Vir 6 mense benodig jy 2 blikke oesters (kan vervang deurgerookte mossels) en 100g kersie tamaties. Sprinkel olyfolie oordie tamaties en rooster dit in die oond teen 180°C op ’n bakplaat vir 10 minute. Sowat 5 oesters en 3 tamaties is genoeg vir 1 bruschetta, en garneer met gesnyde grasuie.