(4 - 6 porsies)

  • 3 blikke gerookte oesters
  • sap van ’n halwe suurlemoen
  • 250 g roomkaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Dreineer die oesters en gooi die olie weg. Plaas die eerste drie bestanddele in jou voedselverwerker en meng tot ’n gladde pasta. Geur met sout en swartpeper.