GENOEG VIR 6

• 4 eiers

• 50 ml melk

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 45 ml kanola-olie

• 200 g gerookte snoek, fyngevlok

• 100 g cheddarkaas, gerasper

• 80 g baba-slaaiblare

• parmesaankaas vir voorsit (sowat 10 g per persoon)

Verhit oond tot 180 °C. Klits eiers en melk saam in mengbak. Geur met sout en peper. Verhit kleefvrye braaipan en gooi bietjie olie onderin. Gooi helfte van eiermengsel in pan. Gebruik eierspaan en trek gaar eier na binne terwyl rou eierinloop waar jy gaar eier weggetrek het. Sprinkel helfte van snoek en kaas oor eier en plaas pan in warm oond. Bak 5 minute of tot gaar. Verwyder uit oond en pak ’n paar slaaiblare op een helfte van omelet. Gebruik eierspaan en vou ander helfte van omelet met een beweging bo-oor. Herhaal met oorblywende eiermengsel. Plaas gevoude omelette op opdienbord en rasper parmesaankaas oor. Sit voor.