(genoeg vir 8-10 klein bakkies)

  • 200 g gerookte snoek
  • 30 ml gesmelte botter
  • 2 spriet-uie
  • 250 ml room
  • sap van halwe suurlemoen
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Verwyder die grate van die gerookte snoek (dis nogal vol grate, so, sorg dat jy als uitkry). Kap die snoek en sprietuie saam fyn in jou voedselverwerker. Voeg die room, gesmelte botter en suurlemoensap by, meng goed. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.
Sit voor saam met roosterbrood van jou keuse.

Om te drink:
’n Lekker droë wit soos Cederberg Sauvignon Blanc.