(6 porsies)

  • 1 koppie houtskaafsels (kyk by kampeerwinkels)
  • 10 tamaties, gehalveer (500 g)
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 250 ml rooiwyn
  • 1 x 400 g-blik kersietamaties
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 125 g gekoopte pesto
  • hand vol basiliekruid

Voer ’n kastrol met tinfoelie uit. Gooi houtskaafsels op bodem en sit ’n afkoelrakkie bo-op. Pak tamaties  op rakkie en sit pot se deksel op.Verhit oor matige hitte vir sowat 10 minute of tot hout begin rook. Stel temperatuur laer en laat rook vir 10 minute. Skep tamaties uit en hou eenkant.

Verhit olyfolie en botter in skoon kastrol oor matige hitte.Voeg knoffel en uie by. Braai vir 5 minute of tot begin verbruin. Voeg gerookte tamaties, rooiwyn en kersietamaties by. Stel temperatuur laer en laat stadig prut vir 30 – 35 minute.

Voeg room by en laat prut vir nog 5 minute. Geur goed met sout en peper.

Verwyder van hitte en verwerk in voedselverwerker tot ’n gladde mengsel.

Sit voor met pesto en vars basiliekruid.