6 porsies

  • 600 g botterskorsie, in wiggies gesny
  • 400 g eiervrug, in wiggies gesny
  • 400 g murgpampoentjies, in wiggies gesny
  • 1 rooi soetrissie, in wiggies gesny
  • 400 g groenboontjies
Verhit oond tot 180 °C. Plaas botterskorsie, eiervrug, murgpampoentjies en soetrissie in oondroosterbak in warm oond vir sowat 40 minute of tot gaar. Haal uit en laat afkoel. Bring ’n kastrol water tot kookpunt. Dompel bone daarin en kook tot sag, maar steeds effe bros. Dreineer. Meng groente en bedien.