6 porsies

1 x basisresep vir risotto

• 1 groot botterskorsie

• 12 babawortels

• 4 knoffelhuisies, gekap

• 60 ml olyfolie

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 100 g botter

• hand vol vars origanum, stingels verwyder

Verhit oond tot 220 °C. Halveer botterskorsie en skep pitte uit. Sny elke helfte in 4 kwarte. Plaas botterskorsie, wortels en knoffel in oondroosterbak. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en bak vir 30 – 35 minute of tot groente sag is en begin verbruin. Berei intussen die basisresep vir die risotto. Skep gaar risotto in opdienbak met gebakte groente bo-op. Smelt botter in klein potjie en verwyder van hitte wanneer dit begin verbruin. Voeg origanum by. Skep bottermengsel oor groente en sit voor.