• 4 geel soetrissies
  • 350 g (9 - 10) murgpampoentjies
  • 150 ml olyfolie
  • 3 huisies knoffel, fyngedruk
  • hand vol vars basiliekruid, fyngekap
  • ongeveer 6 heel basiliekruidblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • 125 ml droë witwyn
  • 7 g (1 pakkie) gelatien
  • 30 ml asyn

Sit die soetrissies op ’n bakplaat, plaas onder jou roosterelement en laat goed rooster - die skil moet swart wees. Sit in ’n bak en bedek onmiddellik met kleefplastiek. Laat staan vir 30 minute. Verwyder die swart, gebrande skil en haal die pitte uit. Sny in skywe. Sny die murgpampoentjies in skywe. Meng die olyfolie, knoffel en die helfte van die basilie saam. Geur met sout en swartpeper. Sit die murgpampoentjies in ’n oondbak en gooi die olyfoliemengsel oor. Plaas in ’n warm oond teen 180 °C vir so 10 minute - net tot die groente sag is, maar nie pap nie. Sit al die groente in lae in ’n vergiettes en sit ’n laag kleefplastiek bo-op. Sit ’n gewig boop en laat vir 2 uur afloop. Behou 100 ml van die sap. Voer ’n broodpannetjie uit met kleefplastiek - maak seker dat dit oor die rand hang. Rangskik heel basiliekruidblare onder-in die pan. Plaas die groente in lae - soos jy wil. Verhit die sap en die witwyn in ’n klein kastrol. Sprinkel die gelatien bo-op en laat staan vir so ’n minuut. Verhit weer stadig tot die gelatien gesmelt het. Gooi in ’n bak en voeg die res van die knoffel, basilie en asyn by. Laat vir 10 minute in die yskas afkoel - dit moet die dikte van ’n eierwit hê. Gooi dit nou oor jou groente en maak seker dit loop in tussen die lae van die groente. Bedek met kleefplastiek en laat vir minstens 8 uur in die yskas. Sit koud voor.

Om te dink
Rosé, nes by die boerbone-en-ertjieslaai.