(2 porsies)

  • 15ml vars salie, gekap
  • 30ml botter, saggemaak maar nie gesmelt nie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 2 babahoenders
  • 1 pak parmaham (70 g)
  • 200g baba-wortels, geskil
  • 200g baba-aartappels
  • 6 baba-uie, gehalveer
  • 30ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200ºC. Meng salie, botter, knoffel, suurlemoensap en -skil. Druk jou vingers onder die hoendervel op die bors in, stop saliebotter in en versprei eweredig. Draai hoender toe met parmaham. Sit groente met hoender bo-op in 'n oondvaste bak. Sprinkel olie oor en geur met sout en swartpeper. Rooster vir 25 - 30 minute of tot goudbruin. Skep groente uit op 'n mooi opdienbord en sit hoender bo-op. Druk 'n mes in die dikste deel van die hoender. As die sappe helder is en nie pienkrooi nie, is die hoender gaar.