Hoe maak jy 'n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Geroosterde kersietamaties met vars aspersies bruschetta
Rooster kersietamaties, wat met olyfolie bedruip is, vir ongeveer 12 minute teen 180°C op ’n bakplaat. Dompel 6 aspersies per broodjie in kookwater en laat dit staan vir 5 minute tot net sag. Gooi onmiddellik olyfolie en sout oor. Wanneer dit koud is, plaas dit op die broodjie, daarna die tamaties en skywe parmesaankaas of pecorinokaas. Maal swartpeper bo-oor.