(5 porsies)

  • 5 heel knoffelbolle
  • 75 ml olyfolie
  • hand vol vars tiemie
  • growwe sout

Verhit oond tot 180 °C. Sny bokante van knoffelbolle af. Plaas in oondroosterbak, gesnyde kante na bo, en gooi olyfolie oor. Plaas 'n vars tiemietakkie bo-op elke bol en sprinkel growwe sout
oor. Oondrooster vir 15 - 20 minute of tot baie sag.

Sit voor saam met: Roosterbrood en oondgeroosterde hoender