(4 porsies)

  • 2 pynappels, in skywe gesny
  • 5 ml droë brandrissie-vlokkies
  • 40 ml heuning
  • laevet- Bulgaarse jogurt om voor te sit
  • sowat 40 ml pampoenpitte
  • nog heuning om voor te sit

Plaas die pynappelskywe in ’n oondbak. Sprinkel die brandrissievlokkies oor, gooi die heuning oor en bak in ’n voorafverhitte oond teen 180 °C vir sowat 15 minute. Skakel daarna die oondrooster-element aan en rooster vir 5 minute. Sit voor met Bulgaarse jogurt, pampoenpitte en sprinkel nog heuning oor.