(sowat 6 porsies)

  • 450 g lendeskyf (sirloin)
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 30 ml olyfolie
  • ’n hand vol vars roket
  • 50 g parmasaankaas of pecorino-kaas
  • olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • 15 ml peperwortel-sous

Meng die suurlemoensap, knoffel en olyfolie. Gooi die sous oor die steaks en marineer vir sowat 15 minute. Maak dan ’n riffelpan of swaarboompan warm tot dit begin rook. Plaas die steaks in die pan vir letterlik sowat 40 sekondes aan weerskante. Haal uit en laat afkoel. Sny die steaks in dun repe en rangskik op ’n bord saam met die vars roket. Geur met sout en swartpeper. Gebruik jou groenteskiller om skaafsels van die kaas te maak en rangskik die kaas bo-op die vleis. Bedruip met nog ’n bietjie olyfolie en sit voor saam met die peperwortel-sous.

Barbara sê
As jy nie van peperwortel hou nie, gebruik ’n mosterdsous van jou keuse.