Resep lewer: 8 x 125 ml Porsie grootte: 125 ml

  • 15 ml (10 g) gelatien
  • 30 ml water
  • 10 ml mielieblom
  • 250 ml laevet-melk
  • 250 ml laervet-room
  • 75 ml strooisuiker
  • 250 ml grenadellagegeurde laevet-jogurt
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 115 g grenadella-pulp
sous

  • 250 ml grenadella-pulp (sowat 10 grenadellas)
  • 50 ml suiker

Week gelatien in water vir 5 minute. Meng mielieblom met 'n bietjie melk tot glad. Plaas mielieblompasta, melk, room, suiker en jogurt in 'n dikboomkastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy voortdurend roer. Roer geweekte gelatien by warm mengsel tot opgelos, en roer dan geursel en grenadellapulp by. Verdeel die mengsel tussen 8 vorms of mooi glase. Sit vir 3 - 4 uur in die yskas tot gestol.

Vir sous: Bring grenadellapulp en suiker tot kookpunt en laat vir 2 minute prut. Laat effens afkoel en verwerk tot glad in voedselverwerker. Gooi deur sif om pitte te verwyder. Skep een eetlepel pitte terug in die sous. Sit roompoeding voor met die sous.