genoeg vir 6

• 1 x 16 cm- gebakte quiche-basis (basiese deegresep)

• 100 g gruyère-kaas, gerasper

• 250 g maer spekvleis, in klein blokkies gesny

• 2 groot eiers

• 250 ml laervet-room (reduced fat)

• 60 ml laevet-melk

• varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 ºC. Vul die gebakte quiche-basis (of die rou tertkors hieronder) met kaas. Roerbraai die spekvleis tot bros, dreineer vet en versprei gebraaide spek op die kaas. Klits eiers, room en melk en gooi oor vulsel. Geur met varsgemaalde swartpeper. Plaas quichepan op ’n bakplaat. Bak vir 35 – 40 minute tot vulsel gestol is en die kors goudkleurig is.

Tertdeeg 

• 140 g (250 ml) bruismeel

• 1 ml sout

• 50 ml olie

• 75 ml kookwater

Plaas meel en sout in ’n mengbak. Meng olie en kookwater en voeg by meel. Sny vloeistof by meel in om ’n sagte nie-klewerige deeg te vorm. Druk die deeg met jou vingers in die quichepan en maak die randjies netjies. Hou voorbereide kors eenkant terwyl vulsel berei word. Die quiche word in die rou kors gebak.