Rys is ’n goedkoop en lekker manier om ’n klomp mense kos te gee.

genoeg vir 6

• 30 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 100 g chorizowors

• 24 mossels, skoongemaak

• 1 koppie (250 ml) basmati-rys

• 500 ml hoenderaftreksel

• 200 g bevrore ertjies

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in middelslagpot. Voeg ui, knoffel en wors by. Braai 5 – 8 minute of tot begin verbruin. Voeg mossels en rys by en braai 2 minute. Gooi aftreksel oor en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 15 – 20 minute of tot die rys gaar is. Roer ertjies by en bring weer tot kookpunt. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.