6 porsies

  1. 500 g roomkaas
  2. 500 ml room
  3. 8 eetlepels sterk koffie
  4. 160 g strooisuiker
  5. 200 g melksjokolade
  • Klits die roomkaas en room met jou elektriese menger tot glad.
  • Voeg die koffie en strooisuiker by en meng goed.
  • Kap die sjokolade fyn in jou voedselverwerker en vou in die mengsel.
  • Gooi in ’n bak wat in die vrieskas kan gaan. Die mengsel word redelik hard - haal dit 5 minute voor jy dit voorsit uit die vrieskas. Dit smelt ook baie vinnig.