(6 porsies)

Jy benodig

  • 700 g baba-aartappels
  • 250 g roomkaas
  • hand vol vars basiliekruidblare, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g swart kaviaar
  • 100 g gerookte forel
  • vars dille-takkies vir garnering

Kook die aartappels tot net sag. Haal uit die kookwater en laat heeltemal afkoel. Sny ’n groterige holte in die aartappels. Meng die roomkaas met die basiliekruid en geur met sout en swartpeper. Vul die holtes van die aartappels met die mengsel. Plaas ’n stukkie gerookte forel bo-op elke aartappel. Skep van die kaviaar bo-op en garneer met ’n takkie vars dille.


Om te drink

Simonsig Kaapse Vonkel