(6 – 8 porsies)

  • 1 heel ontbeende hoender
  • 250 g rugspek
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x basisresep vir risotto
  • 500 g bruin sampioene
  • 750 ml rooiwyn

Verhit oond tot 180 °C. Plaas ontbeende hoender met borskant na onder op skoon kapplank. Pak repies spek oor hele binnekant van hoender. Geur goed met sout en swartpeper. Skep risotto bo-op. Vou hoender toe en bind stewig vas met kombuistou. Gooi sampioene onderin oondroosterpan. Plaas hoender bo-op sampioene met borskant na bo. Gooi wyn oor en draai pan toe met tinfoelie. Rooster toe vir 1 uur in warm oond. Verwyder tinfoelie en rooster nog 30 – 45 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.

Wenk
As jy nie ’n ontbeende hoender kry nie, kan jy ook ’n heel hoender gebruik.