genoeg vir 6-8

• 45 ml olyfolie

• 1ui, gekap

• 200 g spinasie, fyngekap

• 100 g fyn amandels

• 6 ansjovis-filette, fyngekap

• hand vol harde kruie, fyngekap (roosmaryn, tiemie en origanum)

• 100 g parmesaankaas, gerasper

• 80 ml botter, gesmelt

• 6knoffelhuisies, fyngekap

• 1 groot lamsboud, ontbeen tot net voor die skenkel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 500 ml goeie beesvleisaftreksel

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in groot braaipan tot warm en roerbraai ui tot dit begin verbruin. Voeg spinasie by en roer met houtlepel tot spinasie verwelk het. Verwyder van hitte en voeg amandels, ansjovis, kruie, parmesaan, botter en knoffel by om vulsel te maak. Meng goed en hou eenkant. Vlek lamsboud oop met ’n skerp mes. Geur goed met sout en peper. Versprei vulsel eweredig oor vleis. Rol vleis stewig op en bind vas met kombuistou. Gooi aftreksel in oondbraaipan. Plaas boud in pan. Geur weer goed met sout en swartpeper. Maak toe met foelie en oondbraai 3 uur lank in warm oond. Kyk elke uur of daar nog genoeg vloeistof in die pan is. Voeg nog aftreksel by indien nodig. Verwyder foelie en oondbraai oop vir nog 30 minute of tot goudbruin. Sit voor met potsous.