(6 porsies)

  • 13 stukke gesnyde lamsnek
  • 8 snye bruinbrood
  • 100 g botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 200 g fetakaas, gekrummel
  • 50 g pekanneute, fyngekap
  • 10 vars basiliekruidblare, fyngekap
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • sap van 1 suurlemoen
  • 10 ml droë gemengde kruie
  • sowat 8 - 10 heel vars Basiliekruidblare

Verhit jou oond tot 180 °C. Breek die bruinbrood in stukke en krummel dit in jou voedselverwerker. Smelt die botter in ’n kastrol en braai die gekapte ui en knoffel tot sag en deurskynend - nie bruin nie. Voeg die gekrummelde fetakaas, pekanneute en gekapte vars basiliekruidblare by. Meng goed en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas ’n groot stuk tinfoelie in ’n oondbak. Plaas een sny lamsnek in die bak en dan van die vulsel. Hou so aan tot al die snye lamsnek en vulsel gebruik is. Geur die lamsnek met suurlemoensap, gemengde kruie, sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas die heel basiliekruidblare bo-op en maak stewig met die tinfoelie toe. Rooster in die oond vir 2 uur. Maak die tinfoelie oop en rooster verder vir so 20 minute tot lekker bruin bo-op. Sit warm voor saam met gestoomde broccoli en aartappels met gesmelte botter.