(2 gevulde sampioene)

  • 2 groot portabellini-sampioene
  • 2 dik snye witbrood, korsies afgesny
  • hand vol pietersielie
  • 2 knoffelhuisies
  • 100 g botter
  • 100 g swart olywe, ontpit en in helftes gesny
  • 2 camembert-kase
  • olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny die stamgedeelte van die sampioene versigtig uit en kap dit fyn. Sit die sampioene in ’n oondbak wat met botter gesmeer is. Om die lewe vir jouself makliker te maak breek die brood in stukke en sit dit saam met die pietersielie en knoffel in jou voedselverwerker en kap fyn. Smelt die botter en braai die gekapte stamgedeeltes vir sowat 3 minute. Voeg dan die brood-knoffel-en-pietersielie-mengsel by. Meng goed en voeg die olywe by. Geur met sout en swartpeper. Vul elke sampioen met die vulsel en plaas ’n camembert-kaas bo-op. Gooi ’n klein bietjie olyfolie oor die kaas en bak vir sowat 20-30 minute in ’n warm oond van 180 °C. Sit onmiddellik voor.