(2 porsies)

Bereiding 5 minute
Bak 30 minute

Jy kan die gereg ’n hele paar uur voor die tyd maak, en jy sal meer tyd hê om jouself mooi te maak vir die ete.

  • 1 geel soetrissie en 1 rooi soetrissie
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 4 ansjovis-filette
  • 8 snye sagte bokmelkkaas
  • olyfolie om oor te sprinkel
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C.  Sny die soetrissies in die helfte en verwyder die pitte.  Vul elke soetrissie met skywe bokmelkkaas. Sprinkel die gekapte knoffel oor. Plaas 1 ansjovis-filet bo-op en sprinkel met olyfolie. Geur met sout en swartpeper. Plaas op ’n bakplaat en bak vir sowat 30 minute.